Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diepe Grond opgevoer

Diepe Grond opgevoer
 
2006-10-12


DIE Loud Lemon-teatergroep werk nou aan Reza de Wet se ‘Diepe Grond’ wat van 17 tot 21 Oktober in die Ou Meulteater in die Paarl te sien sal wees.

Plaaslike talent wat by die produksie betrokke is, is Celeste Slabber-Loriston, Marius du Toit, Marc Morilly en Lizelle Cupido. Regie is deur Wiwe Ras-Pretorius.

Loud Lemon poog om teater in die Paarl te bevorder en talent te ontwikkel. Hulle is ook besig om die teater op te knap en geriewe te skep wat deur die hele gemeenskap gebruik kan word.

Voorlopige planne vir bouwerk aan die teater is reeds goedgekeur deur die munisipaliteit en fondsinsameling kan nou volstoom begin.

Dit begin op 19 Oktober met ’n veiling ná die vertoning van Diepe Grond.

Besighede wat wil betrokke raak, kan sitplekke koop en deelneem aan die veiling wat beloof om baie opwindend te wees. Talle pryse is op die spel. Navrae by Serine, 072-397-5714.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za