Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vertel van jou straat en wen

Vertel van jou straat en wen
 
2005-04-28


HOE voel dit om in jou straat te woon, hoe lyk dit daar en watter bekende mense het daar grootgeword?
Vertel van jou straat en wen dalk ’n prys!

Die Drakenstein Munisipaliteit se kreatiewe skryffees, My Straat, sluit Saterdag 30 April.
Die wenners word op 10 Mei aangewys.

Die gedagte is dat mense ’n gedig of ’n bladsy (300 woorde) oor die straat (of plaas) waar hulle woon, moet skryf.

Meer inligting is beskikbaar by skole en biblioteke en inskrywings kan ook by biblioteke ingegee word.
Of stuur dit aan mystreet@drakenstein.gov.za

Die naam van jou skool, jou naam, ouderdom en kontakbesonderhede moet op die agterkant van jou inskrywing verskyn.

Die naam van jou straat moet aan die bokant van jou inskrywing verskyn.

Inskrywings mag in Afrikaans, Engels of Xhosa wees. Daar is ses kategorieë: poësie en prosa vir laerskole, hoërskole en volwassenes.
By ’n onlangse wyksvergadering het komiteelede en amptenare aan die projek deelgeneem.

Só skryf van hulle:
Dis nou 'n pad wat ek geloep het en hier skyn die son kliphard van voor.
Daai kant van die rivier is die taalmonument, maar hier is dit die berg wat sit en luister wat gepraat word.
Dis 'n geskinner, gekonkel en gekekkel op hoeke, stoepe en gate.
Daar bly Aunty Maggie, Miesies Smit met al haar kinders, ‘Shhtt, hier kommie mayor, haait, het jy gehoor...’
Die is my straat dié, en hier kan jy alles sien. James Rhoda

Condoba is a word that means to walk proud, or to model.
When our parents named the street they were looking at us.
We were youngsters full of great visions and dreams.
Everyone could see potential and our vision for the future.
We were doctors, singers and lawyers to be.
Somehow along the way we started growing apart.
We learned new things from strangers, we parted ways and so did the dreams.
Now the children of Condoba Street know us as drunkards, drug addicts and waste that deserves to go down the drain. Mawande Given Gqotso (24)

What touches me the most is the fact that kids in my area are playing in the park, which has just been installed with savings.
They didn’t have that before.
Their guardians are sitting under the street light on the bench which has also recently been put there and it makes a quiet and good atmosphere.
Camagu Danti (24) Induli Street

Ek is oud, verweerd, moeg
Dag en nag moet ek swoeg
Ek dra die gewig van almal
Ek kla nie, ek kreun nie, ek moet, ek sal.
Van 'n stofpad het ek gegroei
Tot n straat met 'n naam, diep ingebloei
Wat het ek alles ervaar?
Bly dit jou tog gespaar!
Hul kaalvoete het ek beskou
Tot die dag wanneer hulle sou trou.
Die stryd het ek ook ervaar,
Bloedbevlek, trane, smart, ek was daar.
S Koopman (41) Janfiskaalstraat



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za