Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewetenlose werkgewer skok

Gewetenlose werkgewer skok
 
2006-10-12


EK wil kla oor die sakeluie wat bankrot gaan en dan dadelik weer ‘n ander besigheid oopmaak. Intussen ly hul afgedankte werknemers groot verliese.

EK het by Pro Rugby sportswear op Wellington begin werk as verteenwoordiger in Oktober 2005. Die firma het sy eie webwerf gehad. Dit was ‘n BK met ‘n eie BTW nommer.

Colin Rall, die eienaar, het gesê Eagle Wave is sy vrou se besigheid en hy het Pro Rugby begin.

Op my kontrak en betaalstrokies het Eagle Wave gestaan, maar op daardie stadium het hulle dieselfde bankrekening gebruik.

Einde April het hy my gebel nadat ek ‘n SMS gestuur het om te hoor waar is my salaris en gesê hy kan my nie betaal nie - ek moet vir my ander werk soek.

Ek het ‘n saak gemaak by die CCMA en die saak gewen. Rall moes my op 10 Augustus uitbetaal het - wat hulle nie gedoen het nie.

Toe ek vir hom bel, sê hy ek moet met sy vrou Marinda praat. Sy sê toe maar Eagle Wave is bankrot en ek het vir Eagle Wave gewerk.

Ek het die likwidasiedokument gevra, maar nog niks gekry nie.

Omdat hulle nie my UIF oorbetaal het nie, kan ek nie werkloosheidsversekering eis nie. Maar Colin ry ‘n nuwe kar.

Colin het aan die begin van die jaar reguit vir my gesê hy skrik nie vir die Departement Arbeid of CCMA nie, so hy het geweet waarmee hy besig was.

Ek het ook vir hulle ‘n bestelling gegee ‘n maand voor ek weg is en die bestelling is nooit na die kliënte toe nie. Hy het ook nie die geld terugbetaal nie, want hy het gesê die bestelling is te klein.

Ek sit nou werkloos en sonder inkomste weens dié gewetenlose mense.

Marietjie Geldenhuys



Colin Rall reageer: Volgens die finaleCCMA uitspraak is die spertyd vir betaling 26 Oktober. Dit is wanneer die geld oorbetaal sal word.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za