Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos slag Bergrivier af

Paarl-Oos slag Bergrivier af
 
2006-10-12


DIE manne van die GM Thorp Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag met gesag gespeel om Bergrivier met 10 paaltjies te klop.

’n Vernietigende boul-aanslag van Waylain September het die ruggraat van die Bergrivier-kolforde gebreek. Die linkshandige draaier se 5/43 in 13 boulbeurte was goud werd, terwyl Craig Abrahams (2/23 in 13bb) en Elroy Abrahams (2/28 in 15bb) ook gehelp het om die besoekers vir 124 uit te boul.

R Mouton (28 6x3) en S Arendse (21 4x2) was Bergrivier se voorste lopiemakers.

Die tuisspan kry die teiken in die 37ste beurt sonder die verlies van ’n paaltjie, met Bjorn Hollenbach (68 4x10) en David Stevens (52 4x6) wat kamp opgeslaan het in die middel.

Op Weltevrede was Paarl-Oos II (231/8) ook gans te goed vir Bergrivier (162/10).

Saterdag speel Paarl-Oos I (weg) en II (tuis) teen Van der Stel. Die derde span speel ’n vriendskaplike wedstryd tuis.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za