Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atleet doen goed ondanks haas

Atleet doen goed ondanks haas
 
2006-10-12


TEN spyte van die feit dat sy op die nippertjie by die wegspring vir die grootste duathlon-kompetisie in die wêreld aangemeld het, het ’n Paarl-atleet tog ’n goeie vertoning gelewer.

Martie Stouman het onlangs saam met 2615 ander atlete aan die London Duathlon deelgeneem.

“Ek het so 'n bietjie teëspoed opgetel op pad na die kompetisie toe,” vertel Stouman.

“Ek het juis vroeg gevlieg en was die Donderdag reeds daar. Die kompetisie was Sondag en ek wou vooraf lekker uitrus. Maar in Engeland het hulle die Sondagoggend 07:00 geweier dat ons met ons fietse op die moltrein klim.”

Martie moes toe inderhaas na die naaste buitegeleë treinstasie jaag. Toe sy uiteindelik 20 minute later by die stasie opdaag, moes sy 10 minute wag vir die volgende trein. Nadat hulle ’n uur later by Richmond Park (waar die kompetisie plaasgevind het) opdaag, was dit reeds 09:00, met Martie se wegspringtyd wat 09:50 was.

Weer is die fietsryer deur die busse en taxi’s weggewys en moes sy ’n verdere 20 minute na die wegspringpunt aflê.

Toe sy 09:25 daar aankom, was daar net tyd om haar nommer te kry en ’n paar finale voorbereidings te doen, voordat die skoot geklap het.

Haar deurmekaargekrapte planne het die Paarliet egter nie verhoed om ’n goeie tyd op te stel nie.

Sy het die 10km hardloop-skof in 44 minute en 23 sekondes afgelê, waarna sy die 20km fietsry-gedeelte in 42 minute en 30 sekonders voltooi. Die laaste 5km hardloop-skof het sy in 23 minute 33
sekondes afgelê.

Stouman was die 21ste vrou oor die wenstreep en het algeheel 90ste geëindig.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za