Wellington se hoop swel teen Van der Stel
2006-10-12
DIE eerste span van Wellington Krieketklub het Saterdag op die Pen Basson-veld vir Van der Stel met vyf paaltjies geklop.
Wellington stuur die besoekers in om te kolf en beperk hulle tot 148, danksy goeie boulwerk.
Joshua Swanepoel (5/25 in 13bb) het met baie spoed en aggressie die toporde-kolwers hoofbrekens gegee en die tuisspan vroeg in ’n goeie posisie geplaas.
Pearler Jephta (3/37 in 14bb) en Sarel Wolmarans (2/17 in 9bb) het hom goed bygestaan.
Rupert Bailey (30) en Jaco Pieters (34nun) was die besoekers se voorste lopiemakers.
Teen spyte van akkurate boulwerk deur Van der Stel, het Wellington deurgaans beheer oor die wedstryd gehad.
Dawie Malan (43) en Christo Ritter (30nun) het voorgevat in die beurt vir Wellington.
D Harrymb (2/21 in 12bb) het goed vertoon met die bal.
Wellington moker die wenlopies met agt beurte oor.
More
News
|