Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket Tiere maak dit net-net

Krieket Tiere maak dit net-net
 
2006-10-12


’n GOEIE boulvertoning het Saterdag die fondament gelê vir Young Peoples Krieketklub se vier paaltjie sege oor Stellenbosch en Distrikte.

Die tuisspan het die loot gewen en Peoples was aangenaam verras toe hulle aangesê is om eerste te boul.

Dinge het dadelik in Peoples se guns gedraai toe Lester Opperman met sy eerste bal ’n paaltjie plattrek.

Die kolwers het tot 119 lopies aangeploeter, danksy Opperman (3/28 in 11bb) en Gercian Gabriels (2/25 in 9bb) se poging met die bal. Die dag het egter aan Lorenzo Jacobs behoort wie se 4/28 in 10
boulbeurte die hart uit die Stellenbossers se kolforde geruk het.

Die Tiere het reeds in die 12de beurt sy vyftigtal behaal, danksy Warren George (23 4x2) en kaptein Brendon Adams (39 4x5) wat die lopies jaag.

Met Adams se vertrek op 60/1 het dinge begin skeef loop en gou-gou wys die telbord 88/6.

Hardnekkige kolfwerk deur Dominique Daniels (22nun 4x3) en Jacobs (15nun 4x2) help Peoples om in die 37ste beurt die wenlopies te kry.

Saterdag speel Peoples I (tuis) en II (weg) teen Maties, terwyl die derde span op Daljosafat-stadion teen Oostelikes III kragte meet.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za