Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Post Sportster-finaliste aangewys

Paarl Post Sportster-finaliste aangewys
 
2006-10-12


DIT het heelwat kopkrap gekos maar die 12 finaliste vir vanjaar se Paarl Post Sportster van die Jaar is uiteindelik gekies.

Oudergewoonte moes die moeilikste keuses in die twee junior afdelings gemaak word.

Die kompetisie onder die atlete was ontsettend taai, met uitsonderlike prestasies op nasionale en internasionale vlak.

Op die kortlys in die junior vroue-afdeling is die stapper Jo-Anne Williams van Charleston Hill Sekondêr, Liné Barnard (gewigstoot) van Hoër Meisieskool Paarl en Michelle le Roux (Hoërskool Hugenote) vir tennis.

Hul uitsonderlike prestasies in atletiek, fietsry en rugby het vir Keenan Watson (Hoër Jongenskool), Rèniell Matthysen (Labori) en Jéan Rossouw (Paarl Gimnasium) as die finale drie in die junior mansafdeling laat deurdring.

In die senior vroue-afdeling is Rose Wolmarans (Paarl Netbalklub), Shanika Truskey (Hayashi-Ha Karateklub) en Annelise Stander (Duathlon) van die Paarl Fietsryklub as die welverdiende finaliste aangewys.

Die titel van senior sportman van die jaar sal vanjaar tussen Sors Joubert (tienkamp) van CPUT, Emil Clayton (Hayashi-Ha Karateklub) en Frankie Horne (Wellington Rugbyklub) beslis word.

Die wenners word vanaand tydens ’n dinee in die Paarl aangewys.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za