Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atlete beďndruk vroeg in seisoen

Atlete beďndruk vroeg in seisoen
 
2006-10-12


DIE voorseisoense vertonings van atlete by die eerste Talent-Identifiseringsbyeenkoms wat Saterdag in die Paarl gehou is, sou die Boland keurders laat glimlag het.

Meer as 400 atlete het aan die Baan- en Veld-byeenkoms deelgeneem wat in yskoue weersomstandighede plaasgevind het.

Die ongure weer het egter geensins afbreek gedoen aan die prestasies van die atlete nie. Die toeskouers het waarde vir hul geld gekry toe meer as 120 van die atlete se prestasies op provinsiale of nasionale vlak was.

’n Totaal van 23 prestasies het meer as 900 punte op die ABSA-tabelle behaal en baie van dié prestasies sou by vanjaar se SA Kampioenskap medaljes opgelewer het.

Saterdag sal die tweede en laaste Talent-Identifiseringsbyeenkoms op Daljosafat-stadion gehou word.

Van die plaaslike atlete wat goeie prestasies behaal het, is Gueron Kulsen (NPSS) s.19 100m 10,60s, 200m 22,00s; Jo-Wayne Daniels (NPSS) s.17 100m 11,00; Jacobus du Plessis (HJSP) s.17 100m 11,10s; Christiaan Norman (Gim) s.15 ps 4,08m; Stephan Schoeman (PGim) s.15 gs 15,41m; Antonio May (KNSS) s.15 1500mH 4:41,20s; Clint Cloete (Lab) s.15 vs 6,10m, HS 1,70m; Siphokuhle Mbobosi (DMTSS) s.15 200m 23,80s, Nande Mhlom (DMTSS) s.15 200m 24,20s; Cuwan van Rooyen (Mary Help of Christians PS) s.13 100m 11,30s, 200m 24,70s, Curley du Plessis (Paarl AK) s.13 100m 11,70s, 200m 24,40s, Kirk Jacobs (Paarl AK) s.13 100m 11,70s; Tammeryn Cupido (Groendal HS) m.13 200m 27,40s.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za