Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Media24 wikkel met bemagtiging

Media24 wikkel met bemagtiging
 
2006-10-12


DIE Naspers-filiaal Media24, voorste uitgewersgroep op die vasteland, het sy Welkom Yisani-skema, een van sy grootste swart bemagtigingsprojekte nog, onlangs geloods.

By die Paarlse loodsfunksie vanaand om 17:00 sal bekendes soos Springbokrugbyspeler Breyton Paulse teenwoordig wees by die Annunciation-saal (langs die Ebeneser-Kerk op die hoek van Klein Drakensteinweg en Van der Stelstraat).

Welkom Yisani verleen aan kwalifiserende sogenaamde Swart, Kleurling en Indiër-mense en groepe, van plaaswerkers tot sakeleiers, die bemagtigingsgeleentheid om van die 14,6 miljoen gewone aandele in die skema te koop.

Die minimum beleggingsbedrag is R200, wat deelnemers geregtig maak om minstens 20 aandele teen ’n aanbodprys van R10 per aandeel te koop.

Akademikus professor Jakes Gerwel sal as voorsitter van die Raad van Direkteure vir die skema dien.

Aansoekvorms en ’n prospektus met gedetailleerde inligting is by alle takke van Eerste Nasionale Bank beskikbaar, waar aansoekvorms ook weer ingedien moet word. Aansoeke sluit teen 15:00 op Vrydag 27 Oktober.

Media 24 se publikasies sluit koerante en tydskrifte soos Die Burger, You, Huisgenoot, Move, City Press, Drum en Fairlady in.

Hein Brand, Besturende Direkteur van Media 24 het gesê dat Welkom Yisani ’n maatskappy is, deur Naspers gestig om swart bemagtiging te bevorder en om mense in staat te stel om in Media 24 te belê, wyl hulle slegs 20% van die totale koste vooraf betaal.

Die skema moet voldoen aan die Swartbemagtigings-wetgewing en vereistes soos vasgestel in die Suid-Afrikaanse Grondwet. Die minimum wettige tydperk voordat aandeelhouers met die aandele handel mag dryf, verstryk eers in November 2011.

Media 24 het sedert 1996 biljoene terug in Suid Afrika belê, wat ’n bedrag van R486 miljoen vir Swartbemagtigings-maatskappye vir die 2006 finansiële jaar alleen, insluit.

Vir nog inligting oor die sessies en tye, bel 086 012 1224 of besoek www.my media24.co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za