Uitstalling by Jane
2006-10-19
’n UITSTALLING van skilderye en beeldhouwerk word Woensdag by Jane se Kunshuis in Pastorielaan, Paarl, om 18:00 geopen deur Omar Valley, die hoofdirekteur van die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid.
Onder die kunstenaars is David Botha, Marinda Clift, Kervin Cupido, Gregoire Fana Malherbe, Bohani Mohapi, Stephanie Siegrühn, Cornelia Smook, Thembi, Tilly van Huyssteen en Jeanne Visser.
Navrae kan gerig word aan 872-2492.
More
News
|