Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jannie en die Tannie op Paarlse blitsbesoek

Jannie en die Tannie op Paarlse blitsbesoek
 
2006-10-19


WATERPOEL is ’n unieke konsertvenue op die Rhebokskloofpad tussen Paarl en die R44. Sondag 22 Oktober tree Jannie du Toit en Christa Steyn hier op.

Jannie en die Tannie (met inmenging deur Engemi Ferreira) vertel die verhaal van ’n lewenswyse troebadoer en ’n effe afwesige pianis wat saam uit hulle misverstande leer dat humor die seer kan versag, en dat liefde in die kleinste gebaar van menslikheid teruggevind kan word.

Musiek uit die penne van dié twee kunstenaars, asook keurige plaaslike en oorsese materiaal, dra by om die toehoorder se emosies voortdurend skoppelmaai te laat ry.

Dit is die soort vermenging van lag en traan wat die gehoor laat met die gevoel dat ’n bietjie vertroue in die mensdom tog nie so misplaas is nie - kortom: lekkerkry-musiekteater.

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid om ’n groep mense bymekaar te kry of selfs ’n jaareindfunksie te vier.

Kaartjies is R120 elk en sluit ’n ligte maaltyd in. Wyn is beskikbaar.
Deure is oop van 19:30 met die vertoning om 20:30.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za