`Diepe Grond' 'n móét
2006-10-19
MENSE moet spring vir kaartjies vir Reza de Wet se ‘Diepe Grond’ wat tot Saterdagaand in die Ou Meulteater in die Paarl te sien sal wees.
Plaaslike talent wat by die produksie betrokke is, is Celeste Slabber-Loriston, Marius du Toit, Marc Morilly en Lizelle Cupido. Regie is deur Wiwe Ras-Pretorius.
Die Loud Lemon-teatergroep poog om teater in die Paarl te bevorder en talent te ontwikkel.
Hulle is ook besig om die teater op te knap en geriewe te skep wat deur die hele gemeenskap gebruik kan word.
Voorlopige planne vir bouwerk aan die teater is reeds goedgekeur deur die munisipaliteit en fondsinsameling kan nou volstoom begin.
Die veiling wat vanaand sou plaasvind, is nou uitgestel tot ’n later geleentheid.
Mense wat wil help met die projek, kan wel die beoogde planne by die teater sien. Besighede wat wil betrokke raak, kan Serine skakel by 072-397-5714.
More
News
|