Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konferensie kyk na strategie vir Afrikaans

Konferensie kyk na strategie vir Afrikaans
 
2006-10-19


VERTEENWOORDIGERS van meer as 80 Afrikaanse en Kultuurorganisasies sal Saterdag die konferensie oor Afrikaans in die Ritz Hotel, Seepunt, bywoon wat deur die Wes-Kaapse Taalkomitee en die Departement van Kultuursake en Sport gefasiliteer word.

Volgens die voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, dr Michael le Cordeur, het die Wes-Kaapse Taalkomitee (WKTK) ingevolge die Wes-Kaapse Talewet die verantwoordelikheid om toesig te hou oor die gelyke status van die drie amptelike tale in die Wes-Kaap, Afrikaans, isiXhosa en Engels.

Die naweek se konferensie het ten doel om hierdie proses na provinsiale vlak te neem met die doel om ’n provinsiale strategie vir die bevordering van Afrikaans daar te stel.

Onder die sprekers, is die premier van die Wes-Kaap, Ebrahim Rasool, die LUR van die Departement Taal en Kultuursake, Whitey Jacobs, voorsitter van die WKTK, dr Le Cordeur, prof Wannie Carstens (wat sal verslag doen oor die vordering op nasionale vlak) en prof Ernst Kotze wat ’n uiteensetting van die Afrikaanssprekende gemeenskappe in die Wes-Kaap sal gee.

Mense wat die konferensie wil bywoon, kan die Wes-Kaapse Taaleenheid skakel by 483-9681 (Louis Nel) of 483-9674 (Quintus van der Merwe).



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za