Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bouwerk aan polisiestasie skop eersdaag af

Bouwerk aan polisiestasie skop eersdaag af
 
2006-10-19


DIE projek om ’n nuwe polisiestasie in Paarl-Oos op te rig, gaan eersdaags ’n aanvang neem. Die perseel is verlede week deur die Departement Openbare Werke aan die kontrakteur oorhandig.

Daar word verwag dat werk aan dié groot projek binne die volgende vier weke sal begin.

Die nuwe polisiestasie sal op ’n perseel opgerig word op die hoek van Meaker- en Van der Stelstraat, net wes van die Allandale Gevangenis, en reg langs Chicago.

Die Paarl-Oos polisiestasie wat tans gehuisves word in ’n gebou wat byna 50 jaar oud is, bars al ’n geruime tyd uit sy nate.

Toe die gebou destyds geopen is, was daar slegs sewe lede aan diens in dié kantoor. Vandag werk meer as 110 lede uit die piepklein polisiestasie in Klein Drakensteinweg.

Weens spasieprobleme moet 34 speurders vanuit die Paarl polisiestasie werk, wat logistiekgewys heeltemal onprakties is.

Die nuwe polisiestasie sal ’n enkelverdieping siersteengebou wees met ’n oppervlakte van 3900 vk meter.

Die gebou is ontwerp om ’n aangename, doeltreffende werksomgewing vir SAPS personeel te skep, terwyl dit ook ’n vriendelike en gemaklike omgewing vir die publiek sal bied.

Hierdeur sal gemeenskapspolisiëring tot nuwe hoogtes gevoer word.

Die totale koste van die boukontrak word beraam op R29 miljoen en dit behoort teen April 2008 voltooi te wees.

Die argitekte is Tom Roberson en Stan Bolnik en die kontrakteur is Raashied Conrad van RC Civils.

* Construction of the new Paarl East police station is to start soon.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za