Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee sterf naby tronk

Twee sterf naby tronk
 
2006-10-19


’n GRU-ONGELUK het Saterdagnag die lewe van twee mense geëis op die Paardeberg-pad.

Die voorval het omstreeks 01:15 Sondagoggend plaasgevind toe John Daniels vir twee vriende, Esau Paulse en Hester Vermeulen, vanaf die Paarl na die Paardeberg tronk vervoer het, waar Paulse ’n bewaarder is.

Daniels, wat die Ford Icon bestuur het, het na bewering beheer oor die voertuig verloor toe ’n motor van voor aangekom en die ligte hom verblind het.

Die Ford het van die pad af gery en teen ’n boom gebots.

Daniels en Vermeulen, wat voor gesit het, is op slag dood. Paulse het met ligte beserings daarvan afgekom.

Daniels het as werktuigkundige by Kobot Engineering in Daljosafat gewerk. Hy laat sy vrou Elaine en vier kinders, Enver (25), Denver (17), Ashley (18) en Lintina (14) agter.

Die begrafnis vind Saterdagoggend om 09:00 vanaf Lantana Term 23 plaas en om 10:00 vanaf die VGK Zionskerk.

Vermeulen, ’n algemene werker by Hoërskool Gimnasium, laat drie kinders agter: Anthea (22), Enrico (15) en Hannelie (11).

Haar begrafnis vind Saterdag om 11:00 vanuit Desmorestraat 114 plaas, en om 12:00 by die Seconds Annointed Ministries in Klein Drakensteinweg.

* Two people died when a car hit a tree near Paardeberg prison.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za