Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekord wink dalk by nasionale 10km

Rekord wink dalk by nasionale 10km
 
2006-10-19


’n NUWE SA-rekord wink dalk op die horison wanneer die Nedbank SA 10km Kampioenskap Saterdag op Stellenbosch plaasvind.

Meer as 450 van Suid-Afrika se beste atlete het reeds ingeskryf vir dié byeenkoms, met al 17 provinsies wat verteenwoordig sal wees.

Die uitgelegte roete is baie vinnig en die organiseerders glo daar is ’n baie goeie kans dat ’n nuwe SA-rekord in die manswedloop kan opduik.

Die Olimpiese Suid-Afrikaanse atleet, Hendrik Ramaala, top atlete van Kenia en Ethiopië asook verskeie van Suid-Afrika se beste 10 atlete sal aanslag op die SA-rekord maak. Die huidige SA-rekord vir senior mans van 28 minute is in 1980 deur Matthews Motshwarateu opgestel.

Die wedloop spring om 08:00 weg en volg die roete deur Jan van Riebeeckstraat, af in Eerstestraat, waarna die atlete terugdraai na die middedorp in Martinsonstraat en behoort ongeveer 8:15 aan die bopunt van Merrimanstraat af te kom. Die atlete sal in Kannelstraat afdraai in die rigting van Somerset-Wes. Daarna sal die atlete in Rheedestraat afdraai naby Paul Roos Gimnasuim. Die atlete behoort ongeveer 8:25 in Piet Retiefstraat te wees op pad terug wenpaal toe.

Die atlete wat die Boland tydens die kampioenskap sal verteenwoordig is (senior mans) Dicardo Jacobs (Wellington AK), Thembelani Zola (Wellington AK), Piet Jacobs (Maties AK), Cedric Arendse (Robertson AK), Nathan Beukes (Maties AK), Lenton Kalase (Paarl AK), Garrith Maarman (Swartland AK), (junior mans) Dewayne Mouries (Maties AK), Henrico Rooi (Paarl AK), Barry John Pienaar (Paarl AK), Norman Smith (Wellington AK), Abraham Pokwas (Hermanus AK), Charlton September (Wellington AK), Goliath Karelse (Bredasdorp AK), (senior vroue) Magrieta Smith (Ceres AK), Eveline Julies (Maties AK), Alette Roux (Maties AK), Ansie Booyens (Bredasdorp AK), Marinda Pheiffer (Maties AK), Nicole Marais (Maties AK), (junior vroue) Naomi Brand (Maties AK), Katrina van Rooi (Ceres AK), Francisca Swart (Stellenbosch AK), Karin Thompson (Exell AK), Ilze Jacobs (Wellington AK), Stephanie Williams (Wellington AC).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za