Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot naelloop-stryd kom

Groot naelloop-stryd kom
 
2006-10-19


DIT lyk of die kompetisie vir vinnigste 100m in die Boland volgende jaar baie straf gaan wees.

Die Paarl-atleet, Gueron Kulsen van Noorder-Paarl Sekondêr, het tydens Saterdag se tweede en laaste Boland Atletiek Talent-Identifiseringsbyeenkoms op die Daljosafat Stadion, die 100m vir s.19 in 10,70s afgelê.

Dit volg op sy tyd van 10,60s wat hy verlede Saterdag opgestel het,
en dui aan dat hy beslis ’n groot aanspraakmaker is om nie net die goud in die Boland te wen nie, maar ook by die SA Kampioenskap.

Kulsen sal egter moet rekening hou met Dayne Lekay en Wilhelm van der Vyver wat vanjaar die goud gewen het in die 100m vir onderskeidelik seuns 17 jaar en 19 jaar tydens die SA Junior Kampioenskap.

Nog ’n skitterprestasie Saterdag, was dié van Antonio May van Klein Nederburg Sekondêr.

May het die 1500m Hindernis-wedloop in ’n tyd van 4:31,50 gewen wat vanjaar een van die vinnigste tye vir dié item is.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za