Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atlete vooraan by Paarl Post Sportsterre

Atlete vooraan by Paarl Post Sportsterre
 
2006-10-19


DRIE van die vier wenners in vanjaar se Paarl Post Sportster van die Jaar-kompetisie het op die atletiekbaan presteer.

Die hope atletiek-talent in die Drakenstein is duidelik geïllustreer met die toekennings van die vier wenners tydens Donderdagaand se spogdinee in die Paarl.

Albei die junior wenners, Keenan Watson (verspring) en Liné Barnard (gewigstoot), het vanjaar internasionaal in dié sportsoort uitgeblink.

Watson is tans die elfde gekeurde verspringer op die wêreld junior ranglys vir o.20-atlete.

Van die hoogtepunte uit sy indrukwekkende prestasielys vir die afgelope jaar, sluit ’n sprong van 7,79m in, ’n persoonlike beste vir dié jong atleet van Hoër Jongenskool Paarl.

Die afstand is ’n Boland rekord vir beide o.20’s en seniors asook ’n skolerekord vir o.19 atlete.

Tydens die Wêreldkampioenskap-byeenkoms vir juniors in Beijing het Keenan ’n afstand van 7,55m behaal vir ’n sesde plek.

Die wêreldklas-fietsryer, Rèniell Matthysen van Hoërskool Labori, was in die tweede plek, met die WP en SA Skole rugbyspeler, Jean Rossouw van Paarl Gimnasium, in die derde plek.

Liné spog met ’n kragtige arm, wat haar vanjaar die titel van o.17 gewigstoot-kampioen by die Boland, Wes-Kaap, en SA Skole Kampioenskap asook Atletiek Suid-Afrika se nasionale kampioenskap besorg het.

As deel van die SA Skolespan het sy ’n 13de plek behaal tydens die ISF Wêreldkampioenskap in Griekeland.

Sy is tans die negende gekeurde gewigstoter in haar ouderdomsgroep in die wêreld.

Die Boland en SA Skole-tennisspeler, Michelle le Roux (Hugenote), was die naaswenner, terwyl die derde plek aan die SA 5000m stapper, Jo-Anne Williams van Charleston Hill gegaan het.

Die duathlon-atleet, Annelise Stander, is vanjaar se senior vrou van die jaar.

Haar goue medaljes by die WP en SA Duathlon Kampioenskappe asook haar deelname aan die Wêreldkampioenskap in Kanada het haar die titel besorg.

Tweede was die Boland en Tornado netbalspeler, Rose Wolmarans (Paarl Netbalklub), met die karateka, Shanika Truskey (Hayashi-Ha Karateklub) derde.

Vanjaar se senior manswenner is Sors Joubert.

Joubert is tans die SA Tienkamp-kampioen. Hy het Suid-Afrika by die Internasionale Amateur Atletiek Federasie se Decaster-reeks in Frankryk asook by die Senior Afrika Atletiekkampioenskap in Mauritius verteenwoordig.

Die naaswenner was die opkomende Springbok sewesrugbyspeler, Frankie Horne van Wellington Rugbyklub, met die karateka Emile Clayton (Hayashi-Ha Karateklub), derde.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za