Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos steeds op wenpad

Paarl-Oos steeds op wenpad
 
2006-10-19


IN ’n verdere oortuigende sege het Paarl-Oos Krieketklub Saterdag vir Van der Stel met vyf paaltjies geklop.

Die span van GM Thorp Paarl-Oos Krieketklub het op Stellensbosch die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Van der Stel word tot 155 beperk, met die laaste paaltjie wat in die laaste boulbeurt kantel.

Henry Fourie (33 4x4), Nick Northcote (34 4x1) en Jacques Krynauw (24 4x2) was die voorste lopiemakers.

Elroy Abrahams (3/26 in 15bb, 8 leeg) en Waylin September (3/31 in 13bb, 1 leeg) het die paaltjies vir die besoekers geoes.

Die Paarliete kry die wenlopies in die 40ste beurt, met September (74nun 4x10), Bjorgen Hollenbach (34 4x4) en Werner Erasmus (23 4x1, 6x2) wat met breë kolwe speel.

Krynauw (4/47 in 13 bb) was Van der Stel se beste bouler.

Saterdag speel Paarl-Oos I weg teen Victoriane, terwyl die derde
span op Allandale teen Van der Stel III speel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za