Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrydag die 13de

Vrydag die 13de
 
2006-10-19


VRYDAG die 13de was definitief nie ’n goeie dag vir my nie, seker daarom dat baie mense dit nie eens uit die huis uit wil waag nie.

My geliefde Boxerhond het op twaalfjarige ouderdom ’n hartaanval gekry en nog voor ek haar by die dierehospitaal kon kry, het sy voor my gesterf.

Net daarna, omstreeks 12:30 het ek parkeer op Patriotplein.
Toe ek ’n uur later terugkom, het iemand met ’n rooi motor in my wit kar vasgery.

Nadat ek teruggekeer het (en ook intussen ’n fooitjie gegee het vir die man wat kamtig na die motor moes kyk), het ek die skade aan die linkerkantse modderskerm gesien.

Ek wil net vir die persoon wat in my motor vasgery het sê dat hy hom behoort te skaam. Jy kon net jou naam en telefoonnommer onder my voorruit geplaas het.

Dis mos net ordentlikheid maar nou moet ek self die R2000 opdok om die skade te herstel.

Susan Liebenberg



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za