Dis net DA-sensasie
2006-10-19
GRAAG wens ek hiermee op die berig “DA vra ondersoek na raadslid oor salaris,” soos gepubliseer op 12 Oktober te reageer.
Die goedkoop en sensasionele wyse waarop die DA en sy meelopers probeer om politieke munt te slaan uit ANC-raadslid Arthob Petersen se vergoeding as Springbokbestuurder getuig van politieke kleinlikheid.
Raadslid Petersen se betrokkenheid op hierdie vlak is in konsultasie en met die goedkeuring van die relevante partystrukture gedoen.
Reeds by meer as een geleentheid in die vorige termyn (2000-2005) het die DA deur middel van ‘n mosie navraag oor hierdie aangeleentheid gedoen. Die feite is gedurende debatvoering aan hulle voorsien.
In stede van op positiewe bydrae tot dienslewering en die opheffing van ons gemeenskappe te fokus, verkies hierdie party om hom besig te hou met beuselagtige pogings van persoonlike heksejagte wat weinig iets oplewer.
Die verswyging van die feite gerieflikheidshalwe rondom die bedanking van DA-raadslid Marna van Eeden kan nie ongesiens verbygaan nie.
Volgens die bywoningsregister van die Raad het sy slegs twee van die sewe raadsvergaderings bygewoon, sedert die Raad in Maart vanjaar saamgestel is.
Johannes Thomas (ANC-raadslid)
More
News
|