Die groenstroke is net bossies
2006-10-19
ONS betaal belasting, ons versorg ons tuine, maar met die Munisipaliteit het ons net ergernis.
Vir drie jaar sukkel ons reeds met die sogenaamde groenstroke hier in Groenvlei - wat die meeste van die tyd meer na bossiestroke lyk
Ek het só ’n strook langs my huis te Bo-Langstraat 16. Die meeste van die tyd is dit onooglik, omdat die Munisipaliteit vermoedelik nie die mannekrag en hulpbronne het om dit ordentlik te versorg nie.
Baie min mense gebruik dit, behalwe as rommelplek en toilet. Rotte vier ook hoogty hier.
Reeds in 2003 het ons ’n versoek tot die destydse munisipale bestuurder gerig oor die moontlikheid dat die aangrensende eienaars die oop grond kan koop en by hul erwe insluit.
Ons het nog steeds nie ’n antwoord gekry nie en intussen word die probleem net al groter.
Jan Lock
More
News
|