Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rall loop baie mense in

Rall loop baie mense in
 
2006-10-19


EK het ook al ‘n potjie geloop met Colin Rall (sien brief “Gewetenlose werkgewer skok” van 12 Oktober) en ek wil graag die publiek teen hierdie man waarsku.

Colin Meads Rall het verskeie jong mense ingetrek by sy “ProRugby” besigheid. Bedrogklagtes is reeds teen hom aanhangig gemaak.

Verskeie van sy werknemers het nie hulle salarisse gekry nie - drie van hulle kom ook nou na vore.

Mnr Rall het groot bedrae by verskeie mense geneem in die Paarl, Riviersonderend en elders, maar met geen van hulle ooreenkomste nagekom nie.

Baie van die gelde is deur sy vrou se Maatskappy “Eagle Wave” gekanaliseer. Uit al die huidige reaksies van mense by wie hy geld geneem het, lyk dit na by die R2 miljoen wat hy so bymekaargemaak het.

Hy is tans besig met ‘n sogenaamde ProRugby Magazine en het reeds by verskeie ondernemings R5000 per advertensie gekollekteer.

Die tydskrif is veronderstel om 26 Oktober die lig te sien.

Korrespondensie met mnr Anthony Martin van die Moedermaatskappy in die VSA het bevestig dat hulle geen verbindinge het met Colin Meads Rall nie en dat hulle verstom is oor die huidige gebeure.

Hy het geensins hulle toestemming om die naam ProRugby te gebruik nie.

Mens wonder net hoeveel mense hy nog gaan inloop.

Ook gevang!



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za