|
Dankie aan DBV, buurtwag
Dankie aan DBV, buurtwag
2006-10-19
HIERMEE my dank vir die vinnige en behulpsame optrede op Donderdag 12 Oktober.
My boerboel het Donderdagaand verlore geraak en ons soektog deur die nag was tevergeefs.
Die volgende oggend het ek die Paarlse DBV gebel om dit te rapporteer. Die dame aan diens was baie tegemoetkomend en behulpsaam.
Dieselfde oggend bel die Wellingtonse DBV met die goeie nuus dat Noorder-Paarl Buurtwag ’n hond in Skoolstraat gekry het.
Ek het so gebid dat my hond nie moes seerkry op sy tog nie. Hy is in 100% kondisie terug by sy huis en familie, insluitend ’n Jack Russelltjie.
Dankie ook aan ons Vader vir die verhoor van my gebede.
Dankbare JC van der Westhuizen
More
News
|
|