Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is dit gedoen met edele motiewe?

Is dit gedoen met edele motiewe?
 
2006-10-19


EK verwys na die berig (Paarl Post 12 Oktober) rakende die versoek van opposisiepartye dat ondersoek ingestel word na die vergoeding van raadslid Arthob Petersen terwyl hy Springbok-bestuurder was.

Ek was regtig geskok deur hierdie aanname dat mnr Petersen die munisipale regulasies/ordonnansies nie geëerbiedig het nie.

Ek ken mnr Petersen, met wie ek die afgelope 28 jaar saamwerk in rugby-administrasie, as iemand met integriteit wat nie iets sal doen as hy nie daartoe verlof gekry het nie.

Ek het dit altyd as ’n besondere eer vir die Boland Rugby-unie beskou om iemand soos Arthob Petersen in daardie posisie te sien - ’n posisie wat hy met groot onderskeiding gedien het.

Sy bydrae as lid van die Burgemeesterskomitee is van onskatbare waarde vir die Drakenstein Munisipaliteit en sy inwoners.

Is dit die motief van die DA mense om te inkrimineer of om van kundigheid ontslae te raak in die Raad? Dit is vrae wat in my gemoed omgaan.

Tans is mnr Petersen die voorsitter van die Tegniese Komitee rondom die bod vir 2010 Sokker wat hy met groot onderskeiding hanteer en waarby almal gaan baat vind ongeag politieke affiliasie.

Laat ons ophou om in die Drakenstein Munisipaliteit politieke speletjies te speel. Laat ons liefs konsentreer op dienslewering aan ons gemeenskap.

Jack Abrahams (President Boland Rugby-unie)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za