Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aandele-skema wek belangstelling

Aandele-skema wek belangstelling
 
2006-10-19


DIE Paarlse loodsfunksie van die Welkom Yisani-skema in die Annunciation-saal in Paarl-Oos verlede Donderdag het groot belangstelling gewek onder die mense in die bykans volgepakte saal wat meer wou hoor van Media 24 se grootste swart bemagtigingsprojekte nog.

Lutfia Vayej, hoof van Korporatiewe Inligting en Kommunikasie van Media 24, moes gedurende vraetyd bontstaan om kwelvrae te beantwoord.

Sommige wou weet of aandele vir kinders gekoop kon word, hoe lank die geld belê bly, wanneer dividende uitbetaal word en hoe jy uiteindelik weer die aandele kan verkoop.

“Kom wat wil, maar ek gaan ’n blok aandele koop. Die opbrengs daarvan gaan ek in my besigheid belê en verder uitbrei,” sê die jeugdige Wilfred Bosman wat in graad 11 by Paulus Joubert Sekondêr skoolgaan.

Die jong entrepreneurtjie vertel hy het reeds sy eie snoepwinkel wat vir hom taamlik winsgewend is.

“Ek gaan ook aansoek doen, want ek weet die belegging gaan sterk groei. Bekende koerante en tydskrifte soos Die Burger en Huisgenoot is betrokke en dis boonop ’n toekomstige nes-eier,” het nog ’n belangstellende, Raymond Pheiffer van Wellington, gesê.

Welkom Yisani is ’n maatskappy wat deur Naspers gestig is om swart bemagtiging te bevorder en mense in staat te stel om in Media 24 te belê.

Aansoeke om aandele te bekom, kan by enige tak van Eerste Nasionale Bank gedoen word teen ’n minimumbedrag van R200 vir 20 aandele. Aansoeke sluit om 15:00 op Vrydag 27 Oktober.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za