Hulp met jou skuld
2006-10-19
'n GRATIS skuldverligtingsprogram word op Wellington deur die Nasionale Kredietreguleerder (NCR) en die Departement Handel en Nywerheid aangebied.
Hulle besoek nou elke tweede Dinsdagoggend die Wellingtonse Landdroshof om die publiek te woord te staan. Die program is gemik op alle inkomstegroepe en bied gratis algemene regsadvies rondom individuele skuld.
Dit sluit in onderhandeling met krediteure en bied ook regsverteenwoordiging.
Die program word ook voltyds Maandae, Dinsdae en Donderdae by die regskliniek, Universiteit van Stellenbosch, aangebied (navrae by 808/3600/3925).
More
News
|