Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions kraai koning teen Strand

Albions kraai koning teen Strand
 
2005-04-28


DIE manne van Albions Rugbyklub het Saterdag op Strand net-net daarin geslaag om die tuisspan 16-14 (16-7) te klop.

Die losskakel, Enrico Jordaan, het die besoekers vroeg die voortou laat neem met ’n strafskop.

Die vaste vyf van Albions, Edgar Arendse, Joslin Sauls, Faud February en slotte Granville September en Roderick Allies het die Strand-manne in die skrums harde bene laat kou.

Dit was juis ’n vaskop wat deur February gehaak is, wat tot Albions se eerste drie gelei het.

Die skrumskakel, Ashley Raubenheimer, speel die steelkant om en gee die bal vir die sneller, Ju-Wayne Cyster (senter) wat druk.

Die tuisspan slaan egter terug met ’n doel.

Hoewel die reën op dié stadium uitgesak het, het Jordaan voldoende vastrapplek gekry om Albions se voorsprong met ’n skepskop te verleng.

Raubenheimer het verseker dat sy span voortdurend vorentoe beweeg en Strand op die agtervoet gebly het.

Albions se tweede drie word gedruk toe Roger Uren (buitesenter) breek, die verdediging flous met ’n fop-aangee na heelagter Ashley Manuel, maar toe eintlik vir Cyster wegstuur om vir die tweede keer in die doelgebied te gaan kuier.

Die tweede helfte het te danke aan die reën nie veel aksie opgelewer nie. Hoewel die tuisspan nog ’n doel aangeteken het, het Albions hul tweepunt voorsprong genoegsaam verdedig om ’n sege in hul sak te steek.

Die tweede en derde spanne het 26-15 en 24-7 verloor.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za