Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Een sterf, een beseer op pas

Een sterf, een beseer op pas
 
2006-10-26


’n WELLINGTONNER het gesterf en ’n bekende boer uit die Bovlei is ernstig beseer in ’n motorongeluk in Bainskloof Sondagmiddag.

Louis Lazarus (47) is op slag dood en Dan Retief (40) van Welvanpas is steeds onder swaar verdowing met hoof- en longbeserings en gebreekte ribbes.

Die mans was die middag op pad berg-op in Retief se plaasbakkie toe die voertuig getol en omgeslaan het. Die insittendes het uitgeval.

Volgens ’n motoris wat agter die bakkie gery het, het diesel uit die voertuig se tenk op die agterwiel gespat.

Daar word vermoed dat die olierigheid veroorsaak het dat die bakkie buite beheer geraak het toe Retief by ’n draai kort voor Eerste Tol gerem het.

Lazarus is geskei van sy vrou, Christine, ’n fisioterapeut op Wellington. Hy het die afgelope weke by die Retiefs ingewoon en sou hierdie week in Joostenbergvlakte begin werk het.Lazarus laat ook twee jong kinders na.

Die gedenkdiens word vandag om 14:30 by die NGK Wellington-Oos gelei deur die First Love Kerk.

Retief is in die Durbanville Medi-Clinic onder verdowing aan ’n asemhalingstoestel gekoppel.

“Hy verkeer nie in lewensgevaar nie, en ons glo hier sal ’n wonderwerk gebeur en hy sal volkome herstel,” het sy suster
Lorraine hierdie week op die familieplaas gesê.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za