Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baba op straat gelaat

Baba op straat gelaat
 
2006-10-26


’n BABA van een maand wat skaars 2 kilogram weeg, is verlede Woensdag van sy ma weggeneem, nadat die polisie verskeie klagtes ontvang het dat die baba erg verwaarloos word.

Die seuntjie is voorverlede naweek langs ’n vrou op straat naby Paarl-stasie gevind.

Die vrou het haar bewussyn verloor weens vermoedelike drank-misbruik, en die baba het met skaars enige klere aan sy lyf,
hulpeloos op die sypaadjie gelê.

’n Verbyganger het tot die baba se redding gekom, hom toegedraai en gevoed, en die geval by die polisie aangemeld.

Die vrou is in hegtenis geneem vir openbare dronkenskap, en die baba is aan die Departement Sosiale Ontwikkeling oorhandig.

Die volgende dag is die vrou met ’n waarskuwing vrygelaat en haar baba is aan haar terugbesorg.

Dit het bekommerde lede van die polisie genoodsaak om die vrou en haar baba weer op te spoor, en sy is inderdaad weer by die hotel naby die stasie gewaar, weer onder die invloed van drank.

Inspekteurs Lollie Foster en Celeste Barkhuizen het inderhaas die baba-seuntjie van sy ma verwyder en na die Paarl hospitaal geneem, waar dit vasgestel is dat hy erg ondervoed is, aan fetale
alkoholsindroom, asook ’n seksueel oordraagbare siekte ly.

Weens sy ondervoeding het hy ’n lae bloedtelling wat tot ’n
hartprobleem gelei het.

Tans is die baba onder behandeling in die Paarl hospitaal, waarna hy in ’n plek van veiligheid geplaas sal word.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat hulle nou verdere regstappe gaan doen om die kind permanent van sy ma te laat verwyder.

Insp Barkhuizen het gesê dat hulle ’n projek op die been gaan bring om fetale alkoholsindroom te takel. Dit raak kinders wie se moeders drink terwyl hulle swanger is.

Hulle gaan veral sekere plase teiken waar drankmisbruik handuit geruk het en waar drankverwante misdaad toegeneem het.

Dié plaasgemeenskappe sal dikwels gemonitor word en werkswinkels sal gehou word om werkers in te lig en op te voed oor die gevare van drankmisbruik.

’n Houer sal by die aanklag-kantoor van die Paarl polisiestasie geplaas word waar skenkings van kinderklere en toiletware aan dié projek geskenk kan word.

* An underfed one-month-old baby boy was removed from his drunken mother.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za