Driekuns, 100-tal in Paarl-Oos, Vics stryd
2006-10-26
’n DRIEKUNS en ’n allemintige vennootskap van 123 lopies was Saterdag die hoogtepunte in die wedstryd tussen GM Thorp Paarl-Oos Krieketklub en Victoriane op Stellenbosch.
Paarl-Oos word ingestuur om te kolf nadat die tuisspan die loot wen. Die besoekers is in die 41ste beurt in die knyp met die telling op 145/8.
’n Vasskop-poging deur die twee neefs, Craig en Elroy Abrahams, het die tuisspan na 282/8 gehelp.
Craig se onoorwonne 54 het drie grenshoue en drie sesse ingesluit terwyl Elroy tien grenshoue gemoker het, op pad na sy onoorwonne 67 lopies.
Ander Paarliete wat ook met die kolf uitgeblink het, was Bjorgen Hollenbach (41 4x6) en Wilton van Neel (39 4x6).
Die studente se John Schikerling (3/57 na 13bb) het Paarl-Oos die skrik op die lyf gejaag toe hy die paaltjies van Shaun Cutting, Jackie Daniels en Morné de Vries in drie agtereenvolgende balle platgetrek het. Hy is egter hierna goed met die kolf bygekom.
Vics skop vinnig af en teen die 18de beurt het hulle reeds 93/1 op die bord.
Paarl-Oos se boulers oes egter die paaltjies op reëlmaat en beperk die tuisspan tot 239/7 in hul toegelate 60 boulbeurte.
Schalk van der Merwe (64 4x7), C Nortman (39 4x4), David Durham (38nun 4x3) en William Beukes (33 4x3) was die voorste lopiemakers.
Waylin September (4/51 in 15bb) was die besoekers se beste boulers. Paarl-Oos kry dus die voordeel uit die wen-gelykop-uitslag.
Paarl-Oos III (207) het op Allandale teen Van der Stel (229) vasgeval. Kyle Julies (3/28 in 8bb), Garth Lewis (5/55 in 9bb en 89 4x13, 6x2) en Henrico Pietersen (28 4x2, 6x1) was Paarl-Oos se uitblinkers.
Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) teen Worcester United. Die derde span speel weg teen Brackenfell.
More
News
|