Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbyklubs probeer weer vir streekspan

Rugbyklubs probeer weer vir streekspan
 
2006-10-26


RUGBYKLUBS in die Paarl is weer aan die probeer vir die samestelling van ’n Paarl-streekspan wat ’n groter krag in die WP se klubliga-kompetisie kan wees.

Maar met skaars twee vergaderings agter die blad het vier van die 12 Paarlse rugbyklubs reeds aangedui dat hulle nie belang stel om deel te wees van die planne nie.

Dié spanne is Windmeul United, Paarl, Allandale en Young Peoples.
’n Verdere drie spanne - Albions, Vineyards en Paarl Rangers - sit nog op die draad wat betref die besluit om deel te vorm van ’n streekspan.

Die vyf spanne wat reeds ingekoop het by die idee is Riverstones, Violets Paarl, Young Standards, Laer Paarl en Young Gardens.

Die Westelike Provinsie Rugby Unie steun die idee heelhartig en lede van die WP-bestuur het die afgelope twee vergaderings in die Paarl bygewoon.

Dit is die soveelste keer dat die plan vir ’n Paarlse streekspan bespreek word. Dit lyk egter of ’n gebrek aan samewerking van al die klubs, soos in die verlede, weer dié poging gaan laat skipbreuk ly.

“Ons klubrugby is besig om te sterf. Daar is sekere klubs wat op ’n Saterdag nie drie spanne in die veld kan stoot nie,” het die voorsitter van die Paarl Rugbykode, Henry Bailey, gesê.

“Die klubs is deur WP verseker dat hulle nie hul identiteit by die WPRU sal verloor nie en dat hulle steeds hul finansiële voordele sal kry,” het hy bygevoeg.

“As al die klubs egter nie wil inkoop by die idee nie, sal ons nooit die beste Paarl streekspan kan kies nie.

“Dit sal ook die samestelling van die gevolglike interne kompetisie tussen die onderskeie Paarl-klubs bemoeilik.”

Bailey het voorts daarop gewys dat sou die Paarl deur slegs een rugbyspan verteenwoordig word, dit die verkry van borgskappe beslis sal vergemaklik.

Daar word nou duim vasgehou dat die ander drie klubs ook ten gunste van die idee sal besluit.

“Ons beoog om so vroeg as 2007 as ’n Paarlse span te speel. As Albions besluit om deel te vorm van die samesmelting sal die streekspan dié klub se plek in die WP se Eerste Liga inneem,” het Bailey verduidelik. Hy het egter bygevoeg dat sou Albions nie
betrokke raak nie, die plan kan sneuwel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za