Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Top tien Pinotages aangewys

Top tien Pinotages aangewys
 
2006-10-26


BY die Absa Top Tien Pinotage Kompetisie het vier plaaslike kelders die top tien gehaal. Hulle is Allée Bleue, Boland Kelder, Wellington wynkelder en Morewag.

Morewag se wyn is 2002 naby Klapmuts gemaak deur Elsenburg-studente as deel van hul prakties, onder leiding van Mark van Buuren.
Nog 'n plaaslike wyn, Klein Parys Pintoage 2005, het die Top 20 gehaal onder die 120 inskrywings.

Volgens die sameroeper van die paneel beoordelaars, Kaapse Wynmeester Duimpie Bayly, was die algehele gehalte van die inskrywings uitsonderlik hoog.

Daar was bitter min wyne wat nie beïndruk het nie en dit was uiters moeilik om die 20 finaliswyne te keur.

Die ander beoordelaars was Guido Francque (kos- en wynkenner van België), Janåke Johansson (Sweedse wynkonsultant), Charles Hopkins (ondervoorsitter van die Pinotage Assosiasie), Neil Pendock (wynskrywer), Sue van Wyk (Kaapse Wynmeester van Australia) en Dave Hughes (SA wynkenner).

Die ander wyne in die Top Tien is Camberley Pinotage 2005, Clos Malverne Pinotage Reserve 2003, Kanonkop Pinotage 2004, Pulpit Rock Pinotage 2004, Stellenzicht Golden Triangle 2005 en Tukulu Papkuilsfontein Pinotage 2004



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za