Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples vermorsel Bergrivier

Peoples vermorsel Bergrivier
 
2006-10-26


’n DIKNEK-KOLFVERTONING deur sy kaptein het Saterdag vir Young Peoples Krieketklub se eerste span ’n uitstekende sege oor Bergrivier gegee.

Brendon Adams se 171 lopies het daartoe gelei dat sy span ’n reuse-telling van 294/5 op die telbord kon sit.

Adams het 14 grenshoue en drie sesse gemoker in sy marathon-sessie voor die penne.

Adams en Dominic Daniels (51 4x7) het ’n goeie vennootskap van
150 lopies aanmekaar getimmer.

Peoples se kaptein het die kolfbeurt geopen en vier ure in die middel deurgebring.

Waardevolle bydraes is ook deur Mark Borchards (22 4x4) en Dirkie Marais (25 4x3) gelewer.

Die besoekers het nooit in staat gelyk om die totaal te jaag nie en word vir ’n skamele 107 uitgeboender.

Die draaier, Hubert Ontong (5/31 in 8,4bb), en Lester Opperman (3/33 in 13bb) was vernietigend met die bal.

Die tuisspan wen dus met 187 lopies.

Op die aangrensende veld het Peoples II op ewe indrukwekkende wyse vir Bergrivier II met sewe paaltjies geklop.

Die besoekers behaal slegs 130 lopies danksy die jong Tiere se goeie veld- en boulwerk.

Frans-Loots van der Merwe (2/10 in 7bb) was gevaarlik met sy vinnige wipballe, maar dit was die kaptein, Marlin Carolissen (4/28 in 15bb), wat met sy draaiballe die Bergrivier-kolwer laat rondtas het.

Peoples behaal die teiken in die 24ste beurt met net drie paaltjies plat.

Wade October (48nun 4x8) en Chester Kuiler (33 4x6) het goed gekolf.

In ’n redelike spannende stryd op die Parys-veld het Peoples III (227/8) vir Paarl III (224/6) met twee paaltjies geklop, met net drie beurte oor.

Die Tiere se uitblinkers was Brett Mitchell (45 4x5), Jarier Alexander (40 4x5) en die kaptein, Jermaine Williams (3/41 in 10bb).

Bradley Isaacs (34 4x5), S Adonis (65 4x4) en F Daniels (38 4x3) het goed gekolf vir Paarl.

Sondag het Peoples II (190/5) vir Brackenfell III (189) met vyf paaltjies geklop.

Werner Cupido (3/20 in 4bb), Marlin Carolissen (5/41 in 11bb), Stanton Kamalie (42 4x5, 6x1), Wade October (38 4x4), Wendyl Wilson (32 4x3, 6x1), Lindsay Davey (24 4x5) en Joshua Cupido (21nun 4x3) was Peoples se uitblinkers.

Saterdag speel Peoples I en II albei weg teen Van der Stel op Stellenbosch, terwyl die derde span ’n loslootjie het. Sondag speel die tweede span tuis teen Stellenbosch/Distrikte II.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za