Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nackerdien, Boland reg vir seisoen

Nackerdien, Boland reg vir seisoen
 
2006-10-26


DIE Boland krieketspan kom die naweek in sy eerste kragmeting van die seisoen te staan teen Kei en sy breier is vol vertroue vanjaar is hul jaar.

Salieg Nackerdien is vol lof vir sy span op wie die provinsie se hoop vanjaar rus.

“Die span is ’n goeie balans tussen jeugdigheid en ervaring,” sê Nackerdien.

Boland het verlede jaar in die eindstryd van die eendagkompetisie teen Titans vasgeval, maar het minder sukses in die driedagreeks behaal.

Dit is juis hier waarop Nackerdien en sy span wil verbeter.

“Ons beoog om vanjaar meer stabiliteit in ons kolfwerk te hê. In die verlede moes ons altyd ‘catch-up’ krieket speel.

“Ons toporde-kolwers moet vanjaar ’n goeie eerstebeurttelling aanteken, deur ’n paar honderdtalle te kry.

“Verlede seisoen was daar een of twee kolwers wat ’n 40 of ’n 50-tal gekry het, maar dit is nie meer genoeg nie,” verduidelik Nackerdien en voeg by dat die bou van groot vennootskappe die sleutel tot sukses gaan wees.

Met die plan in sy agterkop gaan daar gekyk word na die ervaring van Henry Davids, Warren Hayward en Gerhard Strydom.

Warren Swan lei vanjaar die span as kaptein.

Die keurders het dit goed gedink om Wallace Albertyn met die jongeling te vervang om so ’n nuwe aanslag in die span se spel ’n kans te gee.

Boland speel van vandag tot Saterdag in die driedagwedstryd teen Kei op Coetzenburg, met die eendagstryd wat Sondag gespeel sal
word.

Die span is: Warren Swan, Henry Davids, Gerhard Strydom, Warren Swan, Brendon Adams, Stiaan van Zyl, Lee-Roy Walters, Waylin September, Zahier Abrahim, Jacques van Wyk, Barto Fransman en Godfrey Stevens.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za