Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oppas vir hierdie paartjie

Oppas vir hierdie paartjie
 
2006-10-26


EK wil graag winkeleienaars waarsku teen ’n Afrikaanssprekende paartjie wat reeds van Bellville tot in Houtbaai artikels aangekoop het met ongeldige tjeks.

Hulle het ’n ruk gelede by my binnenshuisversieringsmaatskappy in Retreat ingestap net voor 17:00.

Die man, wat die voortou neem, het vertel dat sy skoonpa vir hulle ’n huis en meubels geskenk het, asook R1000 om bykomstighede te koop.

Aangesien sy vrou nie kennis het nie, het hulle raad gevra. Dit was gou duidelik dat hulle baie duur smaak het en die aankope het uiteindelik op meer as R8000 te staan gekom.

Die man het sy skoonpa gebel, voor my, en toestemming gekry om die tjek uit te skryf.

Teen dié tyd was dit amper halfses en nie moontlik om die geldigheid van die tjek na te gaan nie.

Ek het egter nie tweekeer gedink nie. Hulle was ’n pragtige paartjie en op die oog af het alles in orde gelyk.

Hulle het die volgende oggend nog twee lampe kom omruil en dit was die laaste sien.

Die paartjie is in hulle twintigs, altwee blond, en hy gee sy naam as Johan Bezuidenhout.

Die tjek is van 'n konstruksiemaatskappy in Elsiesrivier. Die bank is Absa, Boston-tak, wat my ’n paar dae later in kennis gestel het dat die rekening ’n tyd gelede reeds gesluit is.

Die paartjie se selfoonnommer (082-621-8737) werk nie en hulle woon ook nie meer by die adres in Panorama (Charles Stassenstraat 16) wat hulle vir my gegee het nie.

Wees op julle hoede en bel die polisie as julle hierdie mense sien.

Jenny



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za