Paarl kry sy ritme terug
2005-04-28
DIE eerste span van Paarl Rugbyklub het Saterdag goed as eenheid saamgespeel en so daarin geslaag om vir Belhar 32-23 op Faurestraat Stadion te klop.
Dis veral die tuisspan se pak voorspelers wat van die begin af ’n wurggreep op hul teenstanders gehad het.
Die agterlyn het met groter ondernemingsgees gespeel en dit was juis ’n drie van die nuweling losskakel, Pierre Slabber, in die laaste vyf minute wat die sege vir Paarl verseker het.
Paarl het ook beter geskrum en die probleem van slaplê in die laaste 15 minute van die wedstryd wat in vorige wedstryde ’n probleem was, het Saterdag nie weer sy kop uitgesteek nie.
Geen individuele spelers kan uitgesonder word nie - die dag se sukses was te danke aan ’n goeie spanpoging.
Paarl se drieë is deur A Brand, Pierre Slabber, Morné Kershoff, Ernie Pietersen, Llewelynn Davids en Mario Toerien gedruk. Slabber was ook suksesvol met een doelskop.
Paarl se tweede en derde spanne het 27-23 en 46-7 gewen.
More
News
|