Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motor breek binne 'n maand

Motor breek binne 'n maand
 
2006-10-26


OP 29 Augustus koop ek ’n Toyota Tazz kontant vir R36 500 van Hoofstraat Motors, Paarl. Die motor het ’n maand waarborg op.

Drie dae later vertrek ek met vakansie en die Tazz staan in die garage. Op 23 September is ek terug en ry die eerste keer met die Tazz. Binne vier dae blaas die ‘top gasket’.

Ek neem dit terug na Hoofstraat Motors, aangesien die waarborg nog nie verval het nie.

Dit kos R3144 om reg te maak, maar die garage eis die geld by my. Hulle is net bereid om te betaal vir die verkoeler (R600) - dié het ’n gat in gehad wat veroorsaak het dat die motor oorverhit het.

Ek is baie ongelukkig oor die situasie en voel hulle kon ten minste aangebied het om die helfte van die onkoste te betaal.

Patrick Sofat

Henning van Aswegen van Hoofstraat Motors antwoord: Die motor is reeds tien jaar oud (’n 1996 model). Die verkoeler het onklaar geraak en hoewel ek dit nie kon voorsien het nie, was ek bereid om die verkoeler te herstel.

Ek was egter nie bereid om die volle skade te dra nie, aangesien dit veroorsaak is deur die nalatigheid van die kliënt wat die hittemeter geïgnoreer het.

Ek het reeds die volle herstelkoste betaal, sodat die kliënt die voertuig kan kry. Ons het ooreengekom dat hy verantwoordelik sal wees vir die res van die koste, maar hy het dit nog nie betaal nie.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za