Vibravo by Katedraalkelder
2006-10-26
Dit is weer tyd vir KWV se Somerkonsert, wat sal plaasvind in die wêreldberoemde Katedraalkelder.
Die konsert vind plaas op Donderdag 16 November om 19:30 met die treffer Vibravo! met die bekende Rory Rootenberg, Charl van Heyningen Louis Loock en Fikile Mvinjelwa.
Die konsert word aangebied in kabaret-styl met tafels van vier of ses persone en kaartjies sluit heerlike verversings en die bekende Cathedral Cellar wyne van KWV in.
Besprekings kan gedoen word deur Janine Eybers tussen 08:00 en 17:00 weeksdae te skakel by 807-3217.
More
News
|