Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Woelige Wellington vertrap Robertson

Woelige Wellington vertrap Robertson
 
2005-04-28


DIE eerste rugbyspan van Wellington Rugbyklub het Saterdag sy oorheersing in die Boland se Superliga A1 onderstreep toe hy Robertson 71-8 vernietig het.

Oudergewoonte was dit die Wellingtonners se pak wat die bo-toon gevoer het en die basis gelê het vir die besoekers se wegholsege.
Janro van Niekerk (stut), Ben Hawley (flank) en Francois Prinsloo (agsteman) was Wellington se ysters voorlangs terwyl Bradley Langenhoven en Arthur Snyders (senters) agterlangs die pap dik aangemaak het.

Wellington se 11 drieë is deur Gordon Johnson (2), Jean Taylor, Francois Prinsloo, Riaan Pool, Bella Wium, Mark Bain, Bradley Wagenhoven, Janroe van Niekerk en Arthur Snyders gedruk. Snyders was suksesvol met agt doelskoppe.

* In ’n klipharde stryd op Pelikaanpark het Roses United nouliks daarin geslaag om vir Saldanha 20-14 te klop.

Danie Roman (losskakel), Claude Arendse (senter), Ignasius Koerabie (slot) en Ralph Rafferty (flank) was die tuisspan se uitblinkers.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za