Jazz en ballet op Wellington
2006-10-26
Die VGK Wellington en Kunstekaap bied Donderdag 9 November ’n program van jazz- en ballettreffers aan in die CP van der Merwesaal, Wellington.
’n Prettige program word gewaarborg met vele opwindende vermaaklikhede soos die Jazzart-dansteater, Kaapstadse Stadsballet en Dizu Plaatjies se inheemse musiek.
Jazzart-dansteater is die oudste moderne dansmaatskappy in Suid-Afrika en is in 1975 gestig. ’n Span van tien professionele dansers van dié dansskool sal mense vermaak.
Die Kaapstadse Stadsballet se kreatiewe dansers sal verskeie uittreksels van hul hoogs suksesvolle vertoning, Queen at the Ballet, en drie klassieke pas de deux van hul vollengte balletvertoning, The Sleeping Beauty, opvoer.
Die tradisionele musikant en kulturele historikus, Dizu Zungula Mzikantu Plaatjies, gaan ook te sien wees en sal sy skatkisse vol ervaring met veral die skoolkinders deel.
Vir kaartjies kontak Christell Witbooi by 082-310-8028 of Lynette Davids by 073-222-0484. Die middagvertoning begin om 15:00 (R15) en die aandvertoning om 17:00 (R40).
More
News
|