Vier somer met Zamar
2006-10-26
LUI die somer in op ’n hoë noot met ’n skemerkonsert en die towerklanke van die gewilde vrouegroep Zamar.
’n Piekniek-konsert word Sondag om 16:00 op die grasperk voor die Nederburg-herehuis buite Paarl gehou.
Zamar het by verlede jaar se KKNK ''n Kanna-toekenning vir die beste nuwelinge gekry en het al baie lof verdien vir hul eksotiese musiek.
Die groep is in die lewe geroep deur vyf talentvolle lede: Veronica Bell (viool), Lyuda Rukavitsyna (akkordeon), Anjulie de Vos (kontrabas), Hilandi du Toit (kitaar) en Doné McLuckie (djembe en slagwerk).
Zamar se unieke repertoire is soos ’n musikale reis deur die wêreld en behels Hongaarse rapsodieë, volksmelodieë uit die Oekraïne, Suid-Amerikaanse tango’s, Ierse volksmusiek en tradisionele liedjies uit Afrika.
Die voorprogram word behartig deur die jong opkomende groep van ses, Furniss en hulle sensasionele sanger Simangele wat die gehoor in die regte luim bring met gewilde immergroen treffers soos Fly Me to the Moon, Autumn Leaves, Quando Quando en Somewhere.
Kaartjies kos R60 by Irma (809-8106), Magdel (809-8345) of stuur ’n e-pos aan ialbers@distell.co.za. Kaartjies sal ook Sondag by die hek te koop wees.
More
News
|