Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sy ken van raket swaai

Sy ken van raket swaai
 
2006-10-26


SY kan ’n kishou speel, dié meisie van Franschhoek.

Madelie Janse van Rensburg het die afgelope tyd verskeie goeie prestasies op die tennisbaan behaal.

By die onlangse Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap in Bloemfontein het sy strawwe teenstand van Gauteng-Sentraal en die Oostelike Provinsie uit haar pad gevee en uiteindelik die tweede plek in beide die enkel- en dubbelskompetisie vir meisies o.16 behaal.

Kort daarna het sy na Barcelona in Spanje vertrek waar sy Suid-Afrika by die Head Team Elite Beker vir o.16 spelers verteenwoordig het.

’n Totaal van 120 spelers van 35 lande ding jaarliks in dié kompetisie
mee.

Madelie het na die kwarteindronde deurgedring.

In April vanjaar het sy as lid van die SA-span aan die Afrika-beker in Kairo deelgeneem.

Madelie is ’n leerder aan Bloemhof Hoër Meisieskool op Stellenbosch waar sy aangewys is as die Junior Sportvrou vir 2006.

Sy is ’n lid van die Spier Tennisakademie op Stellenbosch.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za