Diere-stap aangebied
2006-10-26
’n PRETSTAP oor sowat 3km word op Saterdag 18 November in Suider-Paarl aangebied as fondsinsameling vir die DBV.
Die pretstap vir mens en honde op leibande word gereël deur Paarl Vetshop en Hills Pet Nutrition. Skryf vooraf in by Paarl Vetshop/Vineyard Dierekliniek.
Laat inskrywings kan die dag gedoen word van 09:00 met die wegspring om 10:00 by De Oude Renbaan. Daar sal ook stalletjies wees.
Navrae by Hessie of Annelise, 863-1008.
More
News
|