Bonsai Kai byeen
2006-10-26
DIE Boland Bonsai Kai, wat entoesiasties deelgeneem het aan die onlangse Afrika Bonsai-konferensie in die Waterfront, kom Saterdag weer bymekaar waartydens die suksesse van die geleentheid en die Bolanders se deelname daaraan bespreek sal word.
Renier van Rensburg van Bloubergstrand Bonsai, ’n kenner van dennebome, sal praat oor die “wit en swart” van bonsai.
Die vergadering begin oudergewoonte om 09:00 aan huis van Colin Welch te Welgevallenstraat 19, Stellenbosch.
Vir meer inligting, skakel Willem Pretorius by 083-260-5696.
More
News
|