HJS laat Strand les opsê
2006-10-26
DIE eerste krieketspan van Hoër Jongenskool Paarl het Saterdag vir Hoërskool Strand oortuigend met nege paaltjies geklop.
HJS behaal 110/0 in antwoord op Strand se 109. HJS se beste bouler was William Clift (4/20) terwyl Carinus de Kock, met ’n onoorwonne 48, goed kolf.
HJS se o.14A-span het ook die span van Northampton School for Boys in ’n tweedagwedstryd geklop.
HJS behaal 139/10, Brent Williams (42nun) die beste kolwer. Northampton word vir 97 uitgeboul met Lawrie Moore (5/30) wat uitblink.
Daarna kolf HJS in hulle tweede beurt en teken 168/8 aan. Die beste kolwer is Manrich Kotze met 'n vyftigtal.
Northampton se teiken is 214 lopies in 55 boulbeurte. Hulle slaag net met 149/8 om die wedstryd onbeslis te laat eindig.
More
News
|