Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim-atlete maak skoonskip

Gim-atlete maak skoonskip
 
2006-10-26


ATLETE van Paarl Gimnasium het onlangs skoonskip gemaak by die jaarlikse interskole en Top 10 atletiekbyeenkomste.

Gimnasium se seunspan het vir die sesde agtereenvolgende jaar die interskolestryd tussen Hoër Landbouskool Boland, Hoër Jongenskool Paarl, Hoër Meisieskool en La Rochelle gewen.

Die Gimmies was baas met 334 punte teenoor HJS se 317 en Boland Landbou se 239,5 punte.

Gim se meisies was ook veels te sterk vir hul teenstanders en het met ’n puntetotaal van 354 vir La Rochelle (266) en HMS (195) behoorlik afgestof.

Die beste prestasie vir seuns en meisies het ook albei aan Gimmies gegaan.

Charné Carlsen se gooi van 34,73m in die spiesgooi vir meisies 14 jaar het haar van 973 punte op die Absa-tabel verseker.

’n Gooi van 56,06m deur die o.15 hamergooier, Dean Morgan, het 1111 punte op die Absa-tabel gelys.

Vrydag het Gimnasium weer met 21 ander skole afgereken tydens die Top 10 Byeenkoms op Bredasdorp.

Gim se span het uit Drikus Viljoen, Erik van der Merwe, Garth April, Ilse Liebenberg, Jacques du Plessis, JR Esterhuizen, Ramon Samuels, Ryno Swanepoel, Martin Barnard en Jean-Marie Senekal bestaan.

Die Paarliete het ’n totaal van 8790 behaal, met DF Malan (8615) tweede en Stellenberg derde.

Ilse Liebenberg het dan ook die beste prestasie vir ’n o.17 meisie behaal toe sy die 100m in 12,60m (855 punte) gewen het.

Liebenberg het ook die 200m (27,50s) en verspring (5,13m) gewen.
Ander eerste plekke is ook deur Senekal (200m 27,20s en 80H 12,90s), Esterhuizen (100m 11,20ss), Samuels (vs 6,62m) en Swanepoel (100m 11,70s ewenaar rekord) behaal.

Du Plessis (100H 13,90s) en Swanepoel (200m in 22,90s) het elkeen ’n silwermedalje behaal.

Viljoen (100mH 14,30s), Senekal (100m 13,20s), Samuels (200m 24,10s) en Swanepoel (400m 57,60s) het derde plekke verower.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za