Gesindag in Simondium
2006-10-26
DIE NG Kerk Simondium hou Saterdag by die Groot Drakenstein Games Club op die R45 ’n dag met pret vir die hele gesin.
Die dag spring weg om 09:00 met ’n pretstap van 3km en 5km. Daar is heerlike pryse te wen, vir oud en jonk.
Vanaf 10:00 is daar buitelugspeletjies vir die kinders en allerlei te eet en te drink vir almal - heerlike gebak, poeding en vars plaasprodukte. Vanaf 13:00 word ’n tradisionele Simondium-middagete bedien teen R40 per persoon.
* Ondersteun ook die kerk se ete-stalletjie by die Bien Donné Boeredag vanaf 2 tot 4 November.
Rus die moeë voete en geniet ’n glasie wyn met biefstuk en aartappelskyfies agter die Agrisentrum, onder akkerbome langs die kunsmarktent.
Navrae kan gerig word aan Johanita, 084-511-7478).
More
News
|