Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Proe wyn en olywe

Proe wyn en olywe
 
2006-10-26


KOS- en wynliefhebbers word uitgenooi na ’n olyf- en wynproe in die Laborie wynproelokaal van vandag tot Sondag.

Tydens hierdie unieke geleentheid kan Laborie se bekroonde wyne geproe word, asook die produkte van drie top Suid-Afrikaanse olyfolie-produsente.

Die drie deelnemende olyfolieprodusente, Waterfall River plaas, Morgenster en Olyfberg-El Olivar, is almal medaljewenners van die pas afgelope SA Olive Toekennings.

Waterfall River plaas is bekroon vir die beste ekstra rein olyfolie, terwyl Morgenster en Olyfberg-El Olivar van Eilandia in die Breëriviervallei elkeen silwer medaljes verower het.

Die olyfproe is gratis en ingesluit by ’n wynproe teen R10 vir vyf wyne.

Die Laborie wynproelokaal sal tussen 10:00 en 16:00 oop wees vir die olyf- en wynproe.

Diegene wat meer wil leer oor olyfolie, kan môre- en Saterdagoggend om 11:00 ’n werkswinkel by Laborie bywoon, aangebied deur Linda Costa.

Hierdie werkswinkels is spesiaal vir diegene met beperkte kennis oor olyfolie. Linda sal op ’n eenvoudige en praktiese manier die basiese kenmerke van olyfolie uitlig.

Die Laborie Restaurant sal vir die duur van die Olyf- en Wynproe spesiale watertandgeregte met olyfolie en olywe voorsit tydens etes.
Vir meer inligting, kontak Hetta of Lizelle by 807-3093/5 of e-pos lizelle@gloriousfood.co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za